On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

'Misdaad is teenproduktief vir werkskepping'

───   14:13 Fri, 24 Aug 2012

Bloemfontein - Suid-Afrika bevind hom meer en meer in ‘n moddergat na die onlangse sinnelose aanval op die Amerikaanse burger van Ladybrand op die Lesotho-grens.

Vrystaat Landbou het hom in 'n verklaring sterk uitgespreek teen die geweld en misdaad in die Vrystaat en in ander provinsies wat volgens hulle, selde of ooit deur die leierskap van die regering veroordeel word. Die verklaring lui ook dat misdaad, van watter aard ookal, teenproduktief is vir werkskepping.

Vrystaat Landbou sê verder dat polarisasie tussen gemeenskappe en rassespanning verdiep met aanvalle op die landelike gemeenskappe en dat talle landelike bewoners, boere en plaaswerkers in vrees lewe oor wie die volgende slagoffer gaan wees.

Die organisasie sê verder dat die omvang van veediefstal in die Vrystaat en op die Lesotho-grens, besig is om volhoubare voedselproduksie te kortwiek, ongeag dat dit deur die Parlement as prioriteit geklassifiseer is.

Verklaring verskaf

 

More from News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.