Agriculture
Protesaksies en swak dienslewering bekommer landbousektor─── 11:56 Fri, 07 Sep 2012
VRYSTAAT LANDBOU BEKOMMERD OOR DIENSLEWERING IN DIE PROVINSIE
Toenemende gewelddadige protesaksies teen dienslewering by Vrystaatse dorpe, werk negatief in op die landelike ekonomie, verrig skade aan infrastruktuur en vertroebel selfs verhoudinge in die werksplek.
So sê Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou. Kriek het aan OFM-Nuus gesê in Vrystaatse dorpe waar probleme voorkom, het boere begin om deur middel van Landbouforums, te help om die waternood te verlig en hulp aan te bied. Kriek sê verskeie plaaslike gemeenskappe voel uitgelewer aan kriminele elemente. Die gevoel bestaan dat die SA Polisiediens in sekere gevalle nie die breër publiek genoegsaam teen oproermakers kan beskerm nie. Hy het bygevoeg dat selfs politici en munisipale bestuurders nie inwoners se grondige besware effektief kan aanspreek nie. Kriek sê die boeregemeenskap wil graag 'n bydrae lewer. Luister na die klank vir meer oor die onderhoud met Kriek.

Pieter Möller voer onderhoud met Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou: