Lani Fouché
Trompsburg - Die plattelandse gemeenskap van Trompsburg is stomgeslaan oor die gru-moorde, gister op 'n plaas in die distrik. Johan en Cecile Fourie, beide in hul sewentigs, is gistermiddag wreedaardig in hul plaashuis oorval en doodgemaak.
Vrystaatse polisiewoordvoerder Harry Nagel sê die bloedspatsels op die moordtoneel dui daarop dat daar 'n struweling tussen die paartjie en die verdagtes was.
Hy sê dit is in hierdie stadium moeilik om vas te stel waaraan hul dood is, omdat hul liggame oortrek is van kneusmerke.
Die paartjie se kluis is met 'n slypmasjien oopgesny, maar dit is onbekend wat gesteel is.
'n Leierboer in die distrik, Phillip Henning, sê die gemeenskap is veral geskok oor die brutaliteit van dié moorde, en sê hy was self al 'n plaasaanval-skietslagoffer.
Volgens Henning was gister se voorval die derde in vier jaar in dié distrik, wat die lewens van vyf mense geëis het.
Podcasts