On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou dept ontken gerugte van goue handdruk

───   08:36 Wed, 12 Sep 2012

Johannesburg - Die department van landbou, bosbou en visserye het gerugte dat hy sy geskorste direkteur-generaal ‘n “goue handdruk” van R2,5 miljoen gaan gee, ontken.

Palesa Mokomele, departementele woordvoerder, het gesê berekeninge oor Langa Zita se pakket is nog nie gemaak nie. Sy sê dit sal deur die department van staatsdiens en administrasie bevestig word.

Die DA het vroeër beweer dat Zita sowat R2,5 miljoen as ‘n “goue handdruk” gaan ontvang. DA-LP, Annette Steyn, het gesê die ooreenkoms sluit in nege maande se volle salaris en 30% van elke maand se salaris tot aan die einde van sy kontrak, wat in 2014 verstryk.

Zita is in Junie om “administratiewe redes” geskors.

Sapa

More from News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.