Agriculture
VS grondoudit vorder fluks─── 14:32 Wed, 19 Sep 2012
Pieter Möller
Bloemfontein - Die grondoudit wat tans in die Vrystaat gedoen word, vorder goed. So sê Vrystaat Landbou-woordvoerder oor grondsake, Jack Armour.
Hy sê Vrystaat Landbou het die grondoudit in die provinsie saam met die Departement Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming aangepak en sal binnekort begin om die opnames volledig te verwerk.
Volgens Armour sal die inligting wat ingesamel word, 'n positiewe inslag op die gronddebat vir landbouers en politici hê.
Armour sê ook boereverenigings in die Vrystaat het goeie samewerking gegee, maar dat probleme wel ondervind is met inligting van sogenaamde "naweekboere", of stadsbewoners wat nie baie gereeld hul plase besoek nie.
Armour sê die inligting kan ook met vrug gebruik word by die ANC se beleidskonferensie aan die einde van die jaar.

Jack Armour: