Yolanda Maartens
A Slice of Life with Yolanda Maartens
National
Share your news:
Phone Number
082 370 1268
Email
Facebook
Twitter

National

Afriforum verwelkom lasbrief vir Malema se arrestasie

Afriforum verwelkom lasbrief vir Malema se arrestasie
Die burgerregte-organisasie AfriForum, het die uitreiking van 'n lasbrief vir Julius Malema se in hegtenisnememing verwelkom.

Afriforum het vroeër vanjaar die korrupsie-aanklate teen die geskorste ANC Jeugliga-leier aanhangig gemaak.

Die SAUK berig dat die organisasie die polisie gelukgewens het vir die professionele wyse waarop hulle die onderskeie ondersoeke teen Malema onderneem het. AfriForum se aanklag is ingevolge die wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Bedrywighede ingedien.

Dit handel oor beweerde bedrog wat verband hou met Malema se Ratanang Familietrust en aandele in On-Point Engineering wat vermoedelik miljoene rande uit staatstenders in Limpopo gemaak het. Malema sal na verwagting volgende week in 'n Polokwane-hof verskyn.

RSG