Shaxe Khumalo
The House that Shaxe Built with Shaxe Khumalo
Local News
Share your news:
Phone Number
082 370 1268
Email
Facebook
Twitter

Local News

Corrie Sanders se vermeende moordenaars vasgetrek

Corrie Sanders se vermeende moordenaars vasgetrek
Dane Beisheim

Brits - Drie mans is Donderdagoggend aangekeer vir die moord van voormalige swaargewig-bokskampioen, Corrie Sanders.

Die drie Zimbabwiërs, tussen 19 en 20 jaar oud, is om 10:00 in die Oukasie-informele nedersetting naby Brits in hegtenis geneem.

Die polisie het inligting ontvang wat hulle na ’n huis gelei het waar twee van die verdagtes in hegtenis geneem is. Die derde verdagte is kort daarna, by ’n ander huis vasgetrek.

Sanders is Saterdagaand, tydens 'n gewapende rooftog by 'n restaurant naby Brits, in die maag geskiet. Die 46-jarige Sanders is na die Kalafong-hospitaal in Pretoria gehaas, waar hy beswyk het.

Sanders was by sy broerskind se 21ste verjaarsdagpartytjie toe rowers toegeslaan en mense van selfone en beursies beroof het.
 
Sanders het in 2003 wêreldkampioen geword deur Wladimir Klitchko van die Oekraïene uit te klop.

Podcasts

Podcast
Polisiewoordvoerder, Thulani Ngubane