Agriculture
Gebakte Oliebolle met klapper en vla─── 14:35 Thu, 27 Sep 2012
GEBAKTE OLIEBOLLE MET KLAPPER EN VLA
480 g koekmeelblom
2 eiers
250 ml melk
5 e botter/margarien
5½ t bakpoeier
½ t sout
olie vir diepbraai
versiersuiker en klapper na smaak
Sif die droë bestanddele saam in ’n mengbak.
Vryf botter met vingerpunte in tot krummelrig.
Meng die eier en melk saam en voeg by die droë bestanddele. Meng goed tot elasties en glad.
Moenie deeg oorwerk nie. Plaas in ’n groot mengbak en bedek met kleefplastiek. Laat rus vir ’n uur. Rol nou bolletjies met die deeg en laat weer staan vir 5 min. Diepbraai teen 180ºC tot goudbruin. Verwyder van die olie en plaas op handdoekpapier om olie te absorbeer. Rol in geroosterde klapper en versiersuiker terwyl warm.
Anderste oliebolle - rosyntjies en kaneel is ook hierby ingesluit.