National
Goldfields steeds lamgelê─── 12:22 Tue, 02 Oct 2012
Christopher Motabogi
Die wêreld se vierde grootste goudprodusent, Goldfields, se produksie is steeds lamgelê, onder meer weens die staking by sy Vrystaatse Beatrix-myn.
Die maatskappy se Willie Jacobs sê die situasie bly onveranderd nadat 9 000 werkers sowat twee weke gelede onwettig begin staak het.
Die werkers eis 'n R16 000 basiese salaris. Jacobs het vroeër gesê die Kamer van Mynwese en die mynwerkersvakbond, NUM, beoog om vinnig te onderhandel oor salarisse wat ná Junie volgende jaar in werking tree.
Intussen is ‘n mediakonferensie tans in Johannesburg aan die gang waar vakbonde die onlangse stakings in die mynbedryf bespreek.

Willie Jacobs: