On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Nadoodse ondersoek sal Corné se liggaam net verder skaad

───   09:50 Tue, 16 Oct 2012

Nadoodse ondersoek sal Corné se liggaam net verder skaad | News Article
Mariné Jacobs

Bloemfontein - Die ouers van klein Corné Nel wat verlede week in Mediclinic Bloemfontein dood is, het besluit om nie ‘n nadoodse ondersoek te laat doen nie. Die 6-jarige Corné se pa, Schmidt, het aan OFM gesê dat hulle teen die post mortem besluit het, omdat hulle nie Corné se liggaam verder wil skaad nie. Hulle het besluit om hul by die dokters se vermoedens te berus. Corné is Donderdag in die hospitaal dood, nadat hy die Maandag met erge drukking op sy brein opgeneem is. Volgens Nel kon ‘n presiese oorsaak van sy dood nie bepaal word nie, maar dokters vermoed dat hy moontlik ‘n infeksie opgedoen het of ‘n beroerte gehad het. Corné sal môre uit die NG Kerk Pellissier begrawe word.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.