On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Prysstrategie vir water moet hersien word: Agri SA

───   11:55 Tue, 16 Oct 2012

Pieter Möller

Die Departement van Waterwese se projek vir die hersiening van die prysstrategie vir water, is belangrik vir die landbousektor in vele opsigte.

Agri SA se Nic Opperman het aan OFM Nuus gesê die projek behels ‘n evaluering van die huidige prysmodel vir waterkostes en onder meer die ontwikkeling van ‘n befondsingsmodel vir watergebruik.

Opperman sê die projek gaan ook ‘n model vir die daarstelling van ‘n ekonomiese reguleerder insluit.

Hy het bygevoeg dat die noodsaaklikheid van fiskale impakstudies by bestaande en nuwe besproeiingskemas, aantoon dat daar byvoorbeeld met wyndruifverbouing, ‘n betekenisvolle inkomste vir die staat uit aksynsbelasting verkry kan word.

More from News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.