Local News
Gewapende rooftog in Welkom Pick n Pay─── 14:27 Tue, 16 Oct 2012
Lani Fouché
Welkom - 'n Gewapende rooftog het vanmiddag by die Pick n Pay in Welkom se sakekern plaasgevind.
Vrystaatse polisiewoordvoerder Stephen Thakeng sê twee mans is reeds in hegtenis geneem, en die polisie se honde-eenheid deursoek tans die winkel vir nog moontlike verdagtes.
Hy sê sekerheidswagte het om 12:30 'n man die winkel sien verlaat met gesteelde kaas en kosmetiese produkte, en hom voorgekeer. Hy het toe glo sy vuurwapen uitgehaal.
Die wagte het die polisie laat kom, wat toe twee verdagtes - onderskeidelik 36 en 37 jaar oud - aangekeer het.
Thakeng sê een skoot is binne die winkel afgevuur, maar niemand is in die voorval gewond nie. Dis onseker wie die skoot afgevuur het.
Die winkel én die omliggende gebied is deur polisie afgesper terwyl die polisiehonde na nog moontlike verdagtes soek.
Thakeng sê die klante wat ten tyde van die voorval in die winkel was, ontvang skokbehandeling.