Local News
Foto's: Corné Nel finaal gegroet─── 11:46 Wed, 17 Oct 2012
Mariné Jacobs
Bloemfontein - Die begrafnis van die ses-jarige Corné Nel, wat verlede week in Mediclinic Bloemfontein dood is, word tans by die NG Kerk Pellissier vind. Nel se ouers het besluit om nie ‘n nadoodse ondersoek te laat doen nie. Corné se pa, Schmidt, het aan OFM gesê dat hulle teen die nadoodse ondersoek besluit het, omdat hulle nie hul seun se lyk verder wil skaad nie. Hulle het besluit om hul by die dokters se vermoedens te berus. Die seuntjie het Donderdag gesterf nadat hy die Maandag met erge drukking op sy brein opgeneem is. Volgens Nel kon ‘n presiese oorsaak van sy dood nie bepaal word nie, maar dokters vermoed dat hy moontlik ‘n infeksie opgedoen het of ‘n beroerte gehad het.