On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

GW-stad appèl op 5 Nov aangehoor

───   12:39 Wed, 17 Oct 2012

GW-stad appèl op 5 Nov aangehoor | News Article
Mariné Jacobs

Kimberley - Die appèl teen die borguitspraak in die Griekwastad-trippelmoordsaak waarin 'n minderjarige seun aangekla word, word op 5 November in die hooggeregshof in Kimberley aangehoor.
 
Die seun is op 3 September op borgtog van R5 000 in die Griekwastad Landdroshof vrygelaat.

Volgens die staat het landdros Spiwo Mazwi belangrike feite oorgesien toe hy borgtog toegestaan het.
 
Die minderjarige word daarvan beskuldig dat hy Deon, Christel en Marthella Steenkamp vroeër vanjaar op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet het.

Intussen is onlangs bekendgemaak dat die seun van 11 tot 29 Maart aanstaande jaar in die Noord-Kaapse Hooggeregshof verhoor sal word.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.