Agriculture
GWK-landmarkwinkels presteer weer─── 14:06 Wed, 17 Oct 2012
Pieter Möller
Die gewilde jaarlikse kompetisie van LandMark se winkel van die jaar het vanjaar weer uitstekende resultate opgelewer.
So sê Rupert Jacobs, franchisebestuurder van die groep.
Volgens Jacobs is GWK die enigste groep met Landmark-winkels wie se winkels in die topdrie van elke kategorie geëindig het.
Die verskillende winkels het deelgeneem in groot, medium en klein winkels en GWK LandMark op Prieska is as die algehele wenner in die medium kategorie winkels aangewys, met Kimberley tweede in die kategorie vir groot winkels en Modderrivier ook ‘n tweede plek in die kategorie vir klein winkels.
Die winkels se finansiële prestasie is gemeet in terme van hul verwagting of begroting, was een van die kriteria vir beoordeling in die verskillende kategorieë.