On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Grondhervorming moet met vars benadering hanteer word: Johannes Moller

───   12:18 Wed, 24 Oct 2012

Grondhervorming moet met ‘n vars benadering hanteer word deur goeie sakepraktyke toe te pas en binne die bepalings van die Grondwet te bly.

So sê Johannes Moller, president van Agri SA in reaksie op ‘n grondhervormingsvoorstel wat president Zuma tydens ‘n dinee van die African Farmers’ Association of South Africa toegelig het.

Hy sê terwyl daar meriete in elemente van President Zuma se voorstel is, skiet dit kort om billikheid teenoor alle partye te verseker.

Moller sê in 'n verklaring Agri SA stem saam dat plaaslike komitees getaak kan word om grondhervormingsbehoeftes per distrik te bepaal. Volgens hom kan hierdie komitees behulpsaam wees met die identifisering van beskikbare grond sowel as van begunstigdes wat bystand en nasorg moet ontvang.
 
‘n Meer omvattende finansieringbystandspakket vir begunstigdes is ook onontbeerlik volgens die verklaring. President Zuma het kommentaar oor die haalbaarheid van sy voorstelle gevra, waarop Agri SA meer omvattend sal reageer.
 
Dié organisasie sê sy Transformasie Beleidskomitee sal tydens sy vergadering op 13 November 2012 hieraan aandag gee.

Verklaring verskaf

More from News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.