Agriculture
Produksie en bemarking steeds belangrike skakel─── 14:40 Tue, 30 Oct 2012
Pieter Möller
Met bemarkingskanale wat grootliks in die Suid-Afrikaanse boerdery-omgewing gevestig is, gebeur dit al hoe minder dat boere ‘n produk begin produseer en uit die staanspoor self vir die verwerking en bemarking daarvan verantwoordelikheid neem. So sê Izak Hofmeyr, artikelredakteur van die tydskrif, Veeplaas.
Hofmeyr het aan OFM-nuus gesê dit gebeur al hoe minder dat ‘n verwerkingsinisiatief groei tot ‘n prominente en bekroonde handelsmerk in die spesifieke bedryf.
Hy sê hy ondervind dat daar ‘n wanpersepsie heers dat geld eintlik in die sekondere bedryf gemaak word.
Hy sê egter ook hier is die marges baie klein en dat dit opmerklik is dat byvoorbeeld in die melkbedryf, produsente rofweg 44% van die verbruikersprys vir hulle melk kry, en in ‘n land soos Nieu-Seeland selfs minder.
Volgens Hofmeyr is die stabilisering en balansering van byvoorbeeld melkvoorsiening, een van die grootste uitdagings in Suid-Afrika. Hy sê Suid-Afrikaners moet help om die melkbedryf in Suid-Afrika lewendig te hou.