Agriculture
Sensus 2011 bring perspektief in die landbou─── 14:23 Thu, 01 Nov 2012
Pieter Möller
Landbou kan ‘n enorme rol speel om ‘n verbetering van inkomste-geleenthede in Sentraal-Suid-Afrika teweeg te bring. So sê die bekende landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Hy het gereageer op Statistiek SA se onlangse bekendmaking van 2011 se sensus-opnames.
Laubscher sê die verbetering wat inkomste moontlikhede aan betref, kan ekonomiese ontwikkeling so stimuleer, dat die migrasiepatrone van die afgelope 10 jaar dalk omgeswaai kan word.
Hy het aan OFM Nuus gesê die staat se druk ten opsige van die stigting van koöperasies as ontwikkelingsvoertuie, behoort ook te kan bydra tot die stroom van welvaartskepping, wat ontstaan deur kosproduserende boere wat ‘n string ekonomiese aktiwiteite beoefen.
Volgens hom sal werksgeleenthede die weg baan van verhoogde effektiewe vraag na produkte en boere sal anders gerat moet wees om die verhoogde vraag te bevredig.