On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Watergebruik van plaasdiere in die soeklig

───   12:11 Tue, 06 Nov 2012

Kommer bestaan oor die feit dat vee en plaasdiere vir groot hoeveelhede waterverbruik blameer word, sê die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde in ‘n verklaring.

Die organisasie sê dat die bewerings op onbevestigde aannames gegrond is.  

Volgens die organisasie, kan slegs herkouers soos skape, beeste en bokke, plantegroei met ‘n hoë veselinhoud, in hoë-gehalte proteïnbronne vir menslike gebruik omskakel.

Die SAVV sê verder dat aktiviste, wat dikwels niks van veeproduksie weet nie, gereeld verbruikers aanmoedig om minder vleis te eet, ondanks die feit dat verskeie ander sektore, wat ‘n groter bydrae maak tot kweekhuisgasse en waterbenutting, volgens die organisasie, gerieflikheidshalwe geïgnoreer word.

Die sektore sluit in vervoer, mynbou, nywerheids- en verwerkingsektore.

Die SAVV sê ook dat die toename in die wêreldbevolking ‘n verdere bydrae maak tot groter waterverbruik, wereldwyd.


Verklaring verskaf

More from News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.