Agriculture
Bolwurmplaag bedreig graan-oeste─── 14:17 Tue, 06 Nov 2012
Pieter Möller
Boere is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die gevreesde bolwurm. Dié wurms kan in 'n kort tyd groot skade aan gars en koring kan aanrig.
Kleingraan Instituut-entomoloog, Goddy Prinsloo sê die valsbolwurm is reeds die eerste keer in 2010 as plaag vir koring en gars geïdentifiseer.
Hy het aan OFM Nuus gesê die teenwoordigheid van die plaag word sedert Mei in Douglas, Vaalharts en Viljoenskroon gemonitor, met behulp van feromoonvalle. Feromoon is die reukstof wat deur die wyfiemotte afgeskei word om mannetjies motte te lok.
Prinsloo het gesê landbouers moet die wurms fyn dophou, veral in die nag, omdat die wurms bedags skuil naby die grond en gedurende die nag die plante vreet.
Hy sê ook die wurms is baie temperatuur-afhanklik, en hulle kan probleme veroorsaak in strooptyd.

Goddy Prinsloo: