Agriculture
Wolskeersels vir foute gemonitor─── 14:23 Wed, 07 Nov 2012
Suid-Afrika moet verseker dat sy reputasie as verskaffer van gehaltewol gestand gedoen word.
So sê Cape Wools in ‘n verklaring nadat hulle onlangs besluit het om alle wol wat by pakhuise aankom, te monitor.
Jakes Mulder, Cape Wools se waardeerder, sê indien daar klassifiseringsfoute voorkom, sal ‘n boer geskakel en gehelp word om die probleem reg te stel.
Dit volg na ‘n dringende versoek van uitvoerders en kopers wat bekommerd was oor die onlangse verswakking in die klassifisering van wol.
Volgens die organisasie, was een van die hoofklagtes die variasie in wollengtes wat saam geklassifiseer is, en kopers noop om korting te eis of om die wol van die hand te wys.
Cape Wools berig ook dat te veel variasie in lengte, die spinproses bemoeilik en ook draadgehalte benadeel.
Verklaring verskaf