On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Ds. Willem se vrou kritiek in BFN

───   12:07 Fri, 09 Nov 2012

Lani Fouché

Bloemfontein - Dorothea Brits, die vrou van die vermoorde dominee van Harrismith, Willem Brits, is in 'n kritieke maar stabiele toestand in Mediclinic Bloemfontein.

Sy is gisteraand (Donderdag) saam met haar gesin in hul huis op die Oos-Vrystaatse dorp deur drie gewapende mans aangerand en besteel.

Dominee Willem Brits is vermoedelik met 'n byl doodgekap, en sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, is doodgeskiet terwyl hy die egpaar probeer beskerm het.

'n Woordvoerder vir die familie, AJ Scherrer, sê die egpaar se seun, die 27-jarige Martin Brits, is vasgebind en in 'n bad met lopende krane geplaas. Hy kon egter daarin slaag om te ontsnap.

Hul dogter, die 23-jarige Thea, is ongedeerd.

Scherrer sê die gemeenskap is geskok.

Een verdagte is reeds gisteraand deur die polisie vasgetrek, en twee is nog soek.

Moord, poging tot moord en huisbraak word ondersoek.



Die vermoorde Ds. Willem Brits van Harrismith.



Die vermoorde Gerhardus Vermeulen.

Foto’s: Facebook



Podcasts

AJ Scherrer:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.