Local News
Martin Brits wil nie borgtog hê nie─── 12:42 Mon, 12 Nov 2012
Lani Fouché
Harrismith - Die vermoorde dominee van Harrismith se seun en sy medebeskuldigde het vanoggend vlugtig in die dorp se landdroshof verskyn, waar die saak tot 19 November uitgestel is.
Die 28-jarige Martin Brits en 41-jarige Elliot Mhlambi word beskuldig van die moord op Willem Brits en sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen in hul pastorie verlede Donderdag. Willem se vrou, Dorothea, is in 'n kritieke toestand in Mediclinic Bloemfontein nadat sy met 'n byl aangeval is.
Martin het in die hof gesê hy wil nie om borgtog aansoek doen nie, en sal na verwagting binnekort 'n skuldbekentenis maak.
Mhlambi het aangedui dat hy volgende week in dieselfde hof om borgtog sal aansoek doen. Beide gaan staatsregshulp gebruik. Vermeulen se halfbroer, Nelis du Toit, het met OFM Nuus gepraat:
Vermeulen het die afgelope paar maande saam met sy verloofde, Thea, en haar ouers in die pastorie gewoon. Sy was tuis ten tyde van die voorval, maar is ongedeerd.

Nelis du Toit: