On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Hofuitspraak kan verreikende gevolge vir landbou en plaaslike boere inhou

───   12:15 Wed, 14 Nov 2012

'n Hofuitspraak oor munisipale belasting kan verreikende gevolge vir die landbou en plaaslike boere inhou. So sê Jack Armour, grondsake-woordvoerder van Vrystaat Landbou.

Armour sê in die organisasie se jongste nuusbrief aan georganiseerde landbou-lede, dat die eiendomsbelasting wat die munisipaliteit Beaufort-Wes van boere verhaal het, is wel wettig volgens ‘n beslissing van die Wes-Kaapse Hooggeregshof.

Die uitspraak volg nadat die plaaslike boerevereniging ‘n siviele geding teen die munisipaliteit aanhangig gemaak het en aangevoer het dat sekere wetlike vereistes nie nagekom is nie. Die boerevereniging het nie die afgelope drie jaar se belasting betaal nie en die agterstallige bedrag beloop alreeds R 3,6 miljoen.
 
Armour sê alle boereverenigs moet hulle huise in orde kry om soortgelyke eise te voorkom.

Verklaring verskaf


More from News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.