On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Normaliteit in Wes-Kaap verwelkom: AgriSA

───   14:35 Mon, 19 Nov 2012

Normaliteit in Wes-Kaap verwelkom: AgriSA | News Article
Agri SA verwelkom die gesprekke en aanduidings dat die onwettige landboustakings en gepaardgaande geweld, brandstigting en intimidasie tot ‘n einde sal kom.

So sê Anton Rabe, voorsitter van Agri SA se Arbeid en Maatskaplike Beleidskomitee. Hy sE landbouers is verbind tot konstruktiewe gesprekke wat die winsgewendheid en volhoubaarheid van kommersiele landbou in Suid-Afrika sal bevorder.

Rabe sê dat hoewel Agri SA in die verlede oor minimumlone gekonsulteer is en ook nou in nuwe gesprekke met betrekking tot minimum lone insette sal maak - in lyn met die voorskrifte soos vervat Wet op Basiese Diensvoorwaardes - kan Agri SA nie namens landbouwerkgewers lone onderhandel en vasstel nie.

Die persepsie wat geskep is dat Agri SA ingestem het tot ‘n nuwe minimum loon van R80 per dag is derhalwe nie waar nie aangesien hy geen mandaat in dié verband het nie.

Volgens Rabe is Agri SA nie ‘n werkgewers-organisasie in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge nie en kan derhalwe nie loon-ooreenkomste beding nie.

Verklaring verskaf

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.