Agriculture
Om as span saam te werk, belangrik: Neil Retief─── 12:08 Wed, 21 Nov 2012
Pieter Möller
Robertson - Goeie strukture en om lekker saam te werk, is maar 'n paar eienskappe om 'n suksesvolle boerdery aan die gang te hou. So sê Neil Retief van die bekende Van Loveren-boerdery buite Robertson, wat deur die Landbouskrywers van Suid-Afrika, as Boer van die Jaar aangewys is.
Retief sê die boerdery se familie-handelsnaam, "Four Cousins", het hulself goed gevestig in die wynmark en dat dit belangrik is om as 'n span saam te werk.
Hy en sy broer en twee neefs, wat saam die Van Loveren-boerdery besit, beoog ook baie nuwe planne om op die voorpunt van wynproduksie te bly.
Retief sê dit word oor die algemeen aanvaar dat 'n familieboerdery groot uitdagings verg, maar dat die onderneming se dinamika hulle help om sukses te behaal.

Neil Retief: