Agriculture
Lusern vir Ghaapse boere bring verligting─── 12:31 Thu, 22 Nov 2012
Pieter Möller
Douglas - Gratis lusern aan boere in nood in die brandgeteisterde Ghaapse plato, sal groot verligting vir boere bring. So sê GWK-woordvoerder, Neil de Klerk.
Hy het aan OFM Nuus gesê die landboumaatskappy het reeds reëlings getref om die lusern op 'n sentrale punt af te lewer, vanwaar dit in die streek onder produsente in nood verdeel kan word.
De Klerk sê GWK koördineer ook reeds 'n insameling onder sy aandeelhouer-produsente en verskaffers om nog veevoer aan produsente in die rampgebied op hierdie manier beskikbaar te kan maak.
De Klerk verduidelik hoe die proses gaan werk.

Neil de Klerk: