On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Matriek-eindeksamen eindig vandag

───   05:57 Wed, 28 Nov 2012

Matriek-eindeksamen eindig vandag | News Article
Lani Fouché -

Bloemfontein - Die matriek-eindeksamen kom vandag (Woensdag) amptelik tot ’n einde.

Sowat 24 000 Vrystaatse matrikulante het vanjaar gesit vir die nasionale senior sertifikaat-eksamen, en die provinsiale onderwysdepartement sê alles het glad verloop.

Departementele woordvoerder, Howard Ndaba, sê hulle bedank leerders dat hulle die eksamenreëls gevolg het, en ouers en onderwysers vir hul volgehoue ondersteuning.

Die LUR vir onderwys, Tate Makgoe, sê die verwagting is dat vanjaar se slaagsyfer in die Vrystaat 80% of hoër sal wees, teenoor verlede jaar se 75.7%.

In die Noord-Kaap het die eksamen ook glad verloop, ten spyte daarvan dat slegs 28 van die 51 matrikulante op Olifantshoek eksamen kon skryf weens betogings en intimidasie.

Departementele woordvoerder Sydney Stander:

Eksamenuitslae sal op 3 Januarie landswyd beskikbaar wees.


Podcasts

Sydney Stander:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.