On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Childline verwelkom vonnis in Welkomse kinderpornografie-saak

───   10:31 Thu, 29 Nov 2012

Childline verwelkom vonnis in Welkomse kinderpornografie-saak | News Article
Christopher Motabogi -

Welkom - Die kinderbeskermingsorganisasie, Childline, het die vonnis van 'n Welkomse man, wie skuldig bevind is aan ses aanklagte van die besit van kinderpornografie, verwelkom. Andre Botha, 'n voormalige polisiebeampte, is gister in die distrikshof in Welkom tot 45-jaar tronkstraf gevonnis waarvan hy effektief 15-jaar moet uitdien. Hy is ook daaraan skuldig bevind dat hy probeer het om bewysstukke te vernietig. Botha het in Julie vanjaar op al dié aanklagte skuldig gepleit. Ná sy inhegtenisneming is honderde eksplisiete foto’s, video’s en gesprekke op sy selfoon, MXit, BBM en Skype opgespoor. Hy het selfs ? kleuterskoolonderwyseres R1 000 per pornografiese foto van kinders in haar sorg aangebied. Dit is een van die feslte strawwe wat nóg vir dié misdaad uitgedien is. Childline se Linda Naido:

Welkom-aanklaer, Charmaine Labuschagne, het gesê mense moet versigtig dink oor wat hulle die kuberruim instuur:

Die misdade het in Julie en Augustus 2011 plaasgevind.

East Coast Radio

Podcasts

Childline se Linda Naido:

Welkom-aanklaer, Charmaine Labuschagne,:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.