Agriculture
Wes-Kaapse arbeidsonrus het landbou erge skade berokken─── 14:56 Wed, 05 Dec 2012
Pieter Möller
Met die arbeidsonrus in die Wes-Kaap wat vandag amptelik tot 'n einde gekom het, meen kenners dit het 'n beduidende negatiewe invloed op die landbousektor gehad.
Hoofredakteur van die Landbouweekblad, Hugo Lochner, sê nie net die beeld van landbou is in die hele Suid-Afrika geskaad nie, maar die bekostigbaarheid van voedsel is ook daardeur geraak.
Hy sê die stakings en onrus deur plaaswerkers kan lei tot meganisasie en verdere werkverliese.
Provinsiale sekretaris van Cosatu, Tony Ehrenreich, het vroeër gesê werkers sal terugkeer werk toe en hulle by die onderskeie vakbonde aansluit.
Loononderhandelings sal intussen plaasvind en as daar geen oplossing teen 9 Januarie is nie, kan werkers weer staak.
Hulle eis 'n minimumloon van R150 per dag.