Local News
Trompsburg plaasmoordverdagtes verskyn weer vandag─── 09:15 Thu, 06 Dec 2012
Lani Fouché -
Trompsburg - Die drie verdagtes wat verdink word van die moord op 'n bejaarde egpaar van Trompsburg, verskyn vandag (Donderdag) weer in die dorp se landdroshof.
Die saak is tydens 'n vorige hofverskyning uitgestel vir verdere ondersoek.
Moketsi MacDonald, Nkululeko Mvumvu en Phinias Mothibi het na bewering vir Johan en Cecile Fourie in September op hul plaas buite Trompsburg wreedaardig vermoor.
Hulle het vroeër op aandrang van hul regsverteenwoordiger besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie, omdat dit in hul eie belang was.
Die drie was glo deel van 'n bende wat 'n skrikbewind in en om Trompsburg gelei het.