Cricket
Proteas sien uit om voor tuisskares te speel─── 15:55 Wed, 12 Dec 2012
Onderkaptein, AB de Villiers sê hoewel daar ‘n mate van druk is om voor hul tuisskare te speel, sy span dié uitdaging geniet.
Liezl Liebenberg
Protea-onderkaptein, AB de Villiers, sê hoewel daar ‘n mate van druk is om voor hul tuisskare te speel, sy span dié uitdaging geniet. Die Suid-Afrikaners kom later vandeesmaand en in Januarie teen Nieu-Seeland in drie T20-westryde, twee toetse, en drie eendagkragmetings te staan. De Villiers sê die span het lank gewag om uiteindelik voor hul landgenote te kan speel.
De Villiers het bygevoeg dat die Proteas baie trots is op die feit dat hulle Australië onlangs vir die tweede agtereenvolgende keer in dié land kon klop. Maar die Pretorianer meen dat hul goeie rekord vanjaar teen die Aussies en Engeland nie beteken dat hulle die Kiwi’s gaan onderskat nie.
Die Proteas kom volgende Vrydag in die eerste T20-wedstryd teen Nieu-Seeland in Durban te staan.
Neil Bisseker (AlgoaFM)Protea-onderkaptein, AB de Villiers, sê hoewel daar ‘n mate van druk is om voor hul tuisskare te speel, sy span dié uitdaging geniet. Die Suid-Afrikaners kom later vandeesmaand en in Januarie teen Nieu-Seeland in drie T20-westryde, twee toetse, en drie eendagkragmetings te staan. De Villiers sê die span het lank gewag om uiteindelik voor hul landgenote te kan speel.
De Villiers het bygevoeg dat die Proteas baie trots is op die feit dat hulle Australië onlangs vir die tweede agtereenvolgende keer in dié land kon klop. Maar die Pretorianer meen dat hul goeie rekord vanjaar teen die Aussies en Engeland nie beteken dat hulle die Kiwi’s gaan onderskat nie.
Die Proteas kom volgende Vrydag in die eerste T20-wedstryd teen Nieu-Seeland in Durban te staan.
AB de Villiers oor die span se wedstryde voor hul landgenote: