On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Polisiereservis glo sleutel in verregse komplot

───   07:54 Mon, 24 Dec 2012

Mariné Jacobs -

Vrystaat polisie wou nie kommentaar lewer op bewerings dat polisiereservis, Jaco Scherman, ingestem het om as staatsgetuie op te tree teen die vier verregses wat Dinsdag op aanklagte van hoogverraad en terrorisme in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn het nie. Die vier verregses, Johan Prinsloo, Mark Trollip, Hein Boonzaaier en Martin Keevy, is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n bomaanval by die ANC se Nasionale Verkiesingskonferensie in Mangaung beplan het. Polisiewoordvoerder Billy Jones sê dat die bewerings dat Scherman twee van die verdagtes opgelei het nie van die polisie af kom nie en wou dus nie daarop kommentaar lewer nie. Volgens berigte het Scherman erken dat hy ‘n verbintenis met Prinsloo en Boonzaaier het, maar ontken dat hy enige iets met die hul plan te doen gehad het. Intussen het nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, verlede week in Bloemfontein gesê dat die betrokke saak beslis nog arrestasies sal oplewer.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.