Other News
Giniel blaas in Peterhansel se nek─── 17:03 Mon, 07 Jan 2013
Suid-Afrika se Giniel de Villiers is in die tweede plek op die motor-punteleer na die tweede skof van die Dakar-tydren in Peru.
Suid-Afrika se Giniel de Villiers is in die tweede plek op die motor-punteleer na die tweede skof van die Dakar-tydren in Peru. Die Suid-Afrikaner het die wedren vier jaar gelede gewen. Hy is egter net 35 sekondes agter die voorloper, verdedigende kampioen, Stephane Peterhansel van Frankryk. De Villiers se Toyota-spanmaats, Duncan Vos en Rob Howie, het die tweede skof in die 14de plek voltooi.
Wat die motorfietsafdeling betref, het Darryl Curtis die beste van die Suid-Afrikaners gevaar. Hy het die tweede skof in die sesde plek klaargemaak en is in die algehele sewende plek.
Wat die motorfietsafdeling betref, het Darryl Curtis die beste van die Suid-Afrikaners gevaar. Hy het die tweede skof in die sesde plek klaargemaak en is in die algehele sewende plek.
Sapa