Golf
Ernie sien uit na 2013-uitdagings─── 08:15 Thu, 10 Jan 2013
Suid-Afrika se Ernie Els sê hy is vol vertroue dat sy spel van so aard is dat hy vanjaar verskeie titels gaan opraap.
Suid-Afrika se Ernie Els sê hy is vol vertroue dat sy spel van so aard is dat hy vanjaar verskeie titels gaan opraap. Els en verkeie ander top spelers kom van vandag af by die Volvo-kampioenskap in Durban teen mekaar te staan. Els, wat verlede jaar die Britse Ope gewen het, het die Durban-baan as een van sy gunstelinge ter wêreld beskryf. Hy sê hy is uitgerus en dat hy die afgelope paar weke goeie gholf gespeel het.
Nog ‘n Suid-Afrikaner, Branden Grace, sê dis ‘n groot oomblik om die eerste keer as ‘n verdedigende kampioen in ‘n groot toernooi op die baan te stap. Maar hy het aan verslaggewers gesê dat hy uitsien na die nuwe uitdaging.
Sapa