Agriculture
VS Landbou veroordeel jongste plaasaanval─── 14:15 Thu, 10 Jan 2013
Bloemfontein - Vrystaat Landbou het die jongste plaasaanval in die provinsie ten sterkste veroordeel.
Die organisasie sê in ‘n verklaring, die slagoffers, Jannie en Stinnie du Plessis, is al jare betrokke by georganiseerde landbou en speel ‘n belangrike rol in landelike gemeenskappe.
Volgens die organisasie, sal hulle in samewerking met die Du Plessis-familie en die plaaslike landbouverenigings, nabetragting oor die gebeure hou en sal ondersteuning aan die gemeenskap gebied word deur onder andere die VL-veiligheidsplan meer doelgerig toe te pas en effektiewer te bestuur.
VL het terselfdertyd ‘n ernstige beroep op alle landbouers in die provinsie gedoen om hulle paraatheid op te skerp en in samewerking met die SAPD in hul omgewing betrokke te raak.
Volgens die verklaring het die VL ook die hoop uitgespreek dat die SAPD se optrede en ondersoeke vinnige arrestasies sal meebring.
Verklaring verskaf