Local News
Derde verdagte aangekeer vir gewapende rooftog in BFN─── 16:24 Thu, 10 Jan 2013
Lani Fouché
Bloemfontein - Die polisie het 'n derde verdagte in hegtenis geneem in verband met die gewapende rooftog Dinsdag buite Bloemfontein waarin 'n polisiesersant doodgeskiet en twee konstabels gewond is.
Vrystaatse polisiewoordvoerder Harry Nagel sê die drie mans - ouderdomme 29, 30 en 31 - sal môre in die Bloemfontein Landdroshof op aanklagte van moord, poging tot moord en gewapende roof verskyn.
Die derde verdagte is laat gister aangekeer.
Die 41-jarige Molahlehi Ephraim Mokhasi het gesneuwel toe hy Dinsdagmiddag getref is in 'n oor-en-weer-skietery tussen die polisie en ses mans na 'n rooftog by 'n Sjinese algemene handelaar in Kopanong. 'n Rower is ook in die proses gedood. Twee ander polisiekonstabels is raakgeskiet, maar sterk goed aan.
Twee verdagtes is steeds soek.
'n Roudiens en staatsbegrafnis sal na verwagting volgende Donderdag vir wyle Mokhasi gehou word.