On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Arbeidsonrus besliste invloed op plase in res van land: VS Landbou

───   12:33 Fri, 11 Jan 2013

Pieter Möller

Bloemfontein - Die arbeidsonrus op plase in die Wes-Kaap het 'n besliste invloed op plase in ander dele van die land. So sê Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou.

Vermeulen het aan OFM Nuus gesê 'n klomp faktore is tans ter sprake, wat nie net finansiële implikasies insluit nie, maar baie wyer strek.

Hy sê daar moet ernstig deur rolspelers besin word om van 'n verharde benadering te verander en op sosio-ekonomiese vlakke te poog om oplossings te vind. Vermeulen sê, hoewel hy bekommerd is oor die situasie, glo hy dat daar genoeg voorsorgmaatreëls getref is om soortgelyke voorvalle in ander provinsies te kan voorkom en te bestuur.
 
Hy het ook 'n beroep op Vrystaatse boere gedoen om met konstruktiewe voorstelle te kom vir haalbare oplossings van dié netelige kwessie.


Podcasts

VS Landbou se Henk Vermeulen:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.