On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Golf

Oosthuizen nou nommer vier op wereldranglys

───   06:55 Mon, 14 Jan 2013

Louis Oosthuizen gaan, danksy sy oorwinning in die Volvo-kampioenskap gister in Durban, met twee plekke op die wereldranglys na nommer vier toe opskuif.

Louis Oosthuizen gaan, danksy sy oorwinning in die Volvo-kampioenskap gister in Durban, met twee plekke op die wereldranglys na nommer vier toe opskuif.  Oosthuizen het die titel met een hou voor Scott Jamieson weggeraap.  Die Suid-Afrikaner het die kampioenskap op 16 onder baansyfer afgesluit.  Eersterondte-voorloper, Thongchai Jaidee van Thailand het in die derde plek klaargemaak, en driedubbele Major-wenner, Padraig Harrington, in die vierde posisie.

Ernie Els het op sewe onder baansyfer geëindig, en Retief Goosen op ses onder.

Jamieson het sowat vyf weke gelede sy eerste Europese Toertitel ingepalm toe hy die Nelson Mandela-kampioenskap, ook in Durban, gewen het.

Sapa

More from Golf

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.