Local News
Egpaar sterf in plaasaanval buite Parys─── LANI LANI 12:43 Tue, 15 Jan 2013
Lani Fouché
Parys - Nog 'n bejaarde egpaar het slagoffers geword van 'n plaasmoord in die Vrystaat.
'n Man en vrou, albei in hul sewentigs, se liggame is vanoggend in 'n tuiswinkel wat uit hul motorhuis bedryf is, op hul plaas Somerset, buite Parys gevind.
Polisiewoordvoerder Thandi Mbambo sê die paar se huishulp het vanoggend kort voor 8 op die gru-toneel afgekom.
Mbambo sê items is uit die huis gebuit. Geen verdagtes is nog aangekeer nie. Die egpaar se familie het gevra dat hul name nie in die media bekendgemaak word nie.

Polisiewoordvoerder Thandi Mbambo :