On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Other News

Giniel teleurgesteld oor taai negende skof

───   16:26 Tue, 15 Jan 2013

Giniel de Villiers, sê hy is teleurgesteld dat hy nie beter gevaar het in gister se negende skof van die Dakar-tydren nie.

Liezl Liebenberg

Suid-Afrikaanse renjaer, Giniel de Villiers, sê hy is teleurgesteld dat hy nie beter gevaar het in gister se negende skof van die Dakar-tydren nie.  De Villiers het die langste skof van die tydren in die vyfde plek klaargemaak.  Die skof is deur Nani Roma van Spanje gewen, met tienmalige kampioen, Stephane Peterhansel, in die tweede plek.  De Villiers sê hy is egter verlig dat hy weer in die algehele tweede plek van die tydren ingeskuif het, nadat Nasser Al-Attiyah motorprobleme ondervind het.  De Villiers self het egter gister met sy motor se remme gesukkel, en die laaste deel van die skof amper heeltemal sonder remme afgelê.

De Villiers is nou ses minute voor Rusland se Leonid Novitskiy, wat in die algehele derde plek is.  Peterhansel het egter steeds ‘n reuse voorsprong van 49 minute voor die Suid-Afrikaner.
 

Podcasts

Giniel de Villiers:

More from Other News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.