On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Other News

Motors sukkel weer in Dakar

───   06:27 Thu, 17 Jan 2013

‘n Rivier, wat sy oewers oorstroom het, het die meeste bestuurders gedwing om van die Dakar-tydren se elfde skof te onttrek.

Verdedigende kampioen, Cyril Despres het sy algehele voorsprong in die motorfiets-afdeling van die Dakar-tydren vergroot ná gister se elfde skof in Argentinië. 

Sy kollegas in die motor-afdeling is weer deur natuur-elemente frustreer nadat ‘n rivier, wat sy oewers oorstroom het, die meeste bestuurders gedwing het om van die skof te onttrek.  Depres se landgenoot en voorloper in die motor-afdeling, Stephane Peterhansel, was een van slegs sewe jaers wat die rivier kon oorsteek.  Verlede Saterdag se agtste skof is deur reën ontwrig.

Peterhansel is egter steeds die gunsteling om weer vanjaar met die titel in die motor-kategorie weg te stap.  Hy het tans ‘n voorsprong van sowat 52 minute oor Suid-Afrika se Giniel de Villiers.

Sapa

More from Other News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.