On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Other News

Top SA-fietsryers weer vir EPO getoets

───   16:39 Thu, 24 Jan 2013

Top SA-fietsryers weer vir EPO getoets | News Article

Die bloedmonsters van top plaaslike fietsryers gaan weer vir die verbode middel, EPO, getoets word na Lance Armstrong se skulderkentenis.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Opkikkervrye Sport sê die bloedmonsters van meer as 50 top plaaslike fietsryers wat verlede jaar geneem is, gaan weer vir die verbode middel, EPO, getoets word.  Dit sluit in fietsryers wat aan alle groot pad- en bergfietswedrenne in die land deelgeneem het.  Die SAID se aankondiging volg na Lance Armstrong se erkenning dat hy wel verbode middels, insluitend EPO, vir die grootste deel van sy loopbaan gebruik het.  Die instuut sê in ‘n verklaring die hertoetsing sal help om te bepaal of daar ‘n grootskaalse EPO-probleem in Suid-Afrika bestaan.

Die organisasie het top fietsryer, David George, verlede jaar vir twee jaar geskors nadat hy positief vir EPO getoets het.

SAIDS

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.