On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Pastoriemoordsaak tot 4 Maart uitgestel

───   LANI LANI 14:08 Fri, 25 Jan 2013

Lani Fouché

Harrismith - Die twee verdagtes in die Harrismith pastorie-moordsaak het vandag weer vlugtig in die dorp se landdroshof verskyn.

Die saak is tot 4 Maart uitgestel vir verdere ondersoeke. Martin Brits en Elliot Mhlambi word daarvan verdink dat hulle Brits se pa, dominee Willem Brits, en sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, in hul pastoriehuis verlede jaar vermoor het.

Brits se ma, Dorothea, is in die voorval beseer en sterk in die Life Pasteur-hospitaal in Bloemfontein aan.
 
Martin het kort na sy inhegtenisnemeing 'n skuldbekentenis voor 'n landdros gemaak. Sy suster, Thea, moet intussen weer op 8 Februarie in die hof wees op aanklagte van diefstal nadat sy glo haar verloofde, Vermeulen, se bankrekening leeggemaak het na sy moord.



More from Local News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.