On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Plaaswerkers-mininumloon gaan groot nagevolge hê:Agri SA

───   07:27 Tue, 05 Feb 2013

Plaaswerkers-mininumloon gaan groot nagevolge hê:Agri SA | News Article
Johannesburg - Agri SA sê die 52-persent verhoging in die minimumloon vir plaaswerkers gaan 'n dramatiese invloed op die landbou- en verwante bedrywe hê. Mildred Oliphant, minister van landbou, het gister aangekondig die minimum loon vir plaaswerkers sal voortaan R105 per dag wees. Dit was voorheen R69. Johannes Möller, President van Agri SA, sê dit is veral in die arbeidsintensiewe bedryfsvertakkinge waar daar van plaas-tot-plaas nou besluite geneem sal moet word oor watter aanpassings nodig is om kop-bo-water te hou. Volgens Möller is struktuuraanpassings in die hele sektor nou onafwendbaar. Hy sê Oliphant het 'n politieke eerder as 'n ekonomiese besluit oor die kwessie geneem omrede goeie navorsingsinligting aangedui het dat ‘n loonvlak van R104 per dag grootliks onbekostigbaar is, veral onder middel tot klein boerderye.

Agri SA verklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.