On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Boere kan moontlik wakker skrik oor belasting-aftrekbare aankope

───   11:28 Tue, 19 Feb 2013

Boere kan moontlik wakker skrik oor belasting-aftrekbare aankope | News Article
Pieter Möller

Bloemfontein - Die finansiële jaar wat die einde van die maand eindig, kan landbouers moontlik laat wakker skrik. UV-lektor, Frikkie Mare sê boere kan moontlik nou beskikbare geld vir belasting-aftrekbare aankope oorweeg.

Mare sê die betaling van belasting kan vermy word deur die instel van maatreëls wat volgens die Wet op Inkomstebelasting erken word. Hy sê belastingvermyding moet egter duidelik onderskei word van belastingontduiking.
 
Volgens hom is belastingvermyding ‘n wettige manier om die belastinglas te verlig. Hy sê ook in boerderye is daar verskeie praktyke wat afgetrek kan word soos die uitroei van skadelike plante, die herstel van gronderosie, opstel van besproeiingskemas en die bou van paaie en brûe.

Mare sê belastingvermyding is in die meeste gevalle slegs ‘n maatreël om die betaling van belasting uit te stel en daar word nie regtig op belasting bespaar nie. Volgens hom kan die uitstel van belastingbetaling boere op die lang duur, duur te staan kom.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.