On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Other News

Armstrong gaan nie voor Usada verskyn nie

───   21:42 Wed, 20 Feb 2013

Lance Armstrong gaan nie onder eed voor Usada verskyn om te getuig oor die gebruik van verbode middels in fietsry nie.

Lance Armstrong se regsverteenwoordiger sê hy sal nie onder eed voor die Amerikaanse Agentskap teen die Gebruik van Opkikkers verskyn om te getuig oor die gebruik van verbode middels in die sport nie.  Usada-amptenare het Armstrong vroeër gewaarsku om met hulle te vergader indien hy sy lewenslangse skorsing uit sport opgehef wil hê.  Hul aanbod het gister verval. 

Armstrong se prokureur, Tim Herman, sê egter na tweemaande-lange onderhandelinge weier die Amerikaner om deel te hê aan ‘n proses wat glo daarop gemik is om slegs sekere indiwidue in ‘n slegte lig te stel.  Usada se Travis Tygart sê die proses sal sonder Armstrong voortgaan.

Sapa

More from Other News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.