Other News
Serena, Azarenka swaar beboet─── 21:45 Thu, 21 Feb 2013
Top tennisspelers, Serena Williams en Victoria Azarenka, is beboet nadat hulle in ‘n laat stadium van die Dubai Ope onttrek het.
Die wereld se top twee vrouetennisspelers, Serena Williams en Victoria Azarenka, is beboet weens die feit dat hulle in ‘n laat stadium van die Dubai Ope onttrek het. Williams moet 50 000 dollar opdok, nadat sy Woensdag weens ‘n seer rug onttrek het, terwyl Azarenka 100 000 dollar kwyt is nadat sy Maandag van ‘n seer enkel gekla het.
Azarenka is swaarder as Williams beboet, aangesien dit die tweede agtereenvolgende keer dat sy van die toernooi onttrek het, nadat sy reeds daarvoor ingeskryf het.
Azarenka is swaarder as Williams beboet, aangesien dit die tweede agtereenvolgende keer dat sy van die toernooi onttrek het, nadat sy reeds daarvoor ingeskryf het.
Reuters