Soccer
Chippa United groot sondebok─── 08:43 Tue, 05 Mar 2013
Owen Kock
Bloemfontein. - Die PSL nuweling Chippa United van Kaapstad is die groot sondebok in die liga wat oortredings betref.
Die span is aan die voorpunt wat geelkaarte betref, met nie minder as 40 kaarte na 20 wedstryde. Hulle het nie eers soveel ligapunte (16) nie, en gevolglik bevind hulle hul aan die onderpunt van die punteleer.
Die mees gedissiplineerde span in die liga is Black Leopards wat nog net 19 geelkaarte teen hulle het. Na 20 rondes (sommige spanne het nog net 19 gespeel) het skeidsregters nie minder as 438 geelkaarte uitgedeel.
Spelers wat geskors is sluit in Daniel Cardoso (Free State Stars), Alje Schut (Mamelodi Sundowns), John Arwuah (Bloemfontein Celtic), Travis Graham (Ajax Cape Town), Siyanda Zwane (Golden Arrows) en Bernard Paker van Kaizer Chiefs.
SuperSport United is die tweede grootste sondebok met 35 geelkaarte.
Die res van die spanne se kaarte lyk soos volg: Marokka Swallows (32); Sundwons, Universiteit van Pretoria, AmaZulu, Platinum Stars en Golden Arrows (almal 28); Celtic en Orlando Pirates (27); Maritzburg United (25); Wits en Chiefs (24); Free State Stars (23) en Ajax Cape Town met 22.