On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Yvette
Listen Live Streams

Other News

Bolt as Laureus Sportsman van Jaar vir die derde keer vereer

───   10:05 Tue, 12 Mar 2013

Morgan Piek

Bloemfontein - Usain Bolt van Jamaika is gisteraand in ‘n glans byeenkoms as die Laureus Sportsman van die Jaar bekroon vir sy sukses by die onlangse Olimpiese Spele in Londen. Hy het die titel ook in 2009 en 2010 gewen.

Sewekamp atleet Jessica Ennis van Britanje is aangewys as die Laureus Sportvrou van die Jaar vir haar goue medalje by die 2012 Olimpiese Spele.

Suid-Afrika se Ernie Els was benoem in die Laureus Terugkeer van die Jaar toekening, vir sy oorwinning by die 2012 Britse Ope. Felix Sanchez van die Dominikaanse Republiek het met die louere weg gestaap in dié kategorie vir sy Olimpiese Goue Medalje in die 400m hekkies in London. Sanchez het in die 2004 Sydney Splele ook die goue medalje verower.

Die ander toekennings van die aand was as volg:

Laureus Span van die Jaar – Europese Ryder Cup Span (gholf)
Laureus Besonderse Prestasie van die Jaar – Michael Phelps (swem)
Laureus Lewenslange Bydrae – Sebastian Coe (atletiek)
Laureus Deurbraak van die Jaar – Andy Murray (tennis)
Laureus Aksie Atleet van die Jaar – Felix Baumgartner (adrenalien sport)
Laureus Gestremde Atleet van die Jaar – Daniel de Faria Dias (swem)


.

More from Other News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.